Afrikaans News
Multimedia Journalist
Media24
Johannesburg, Gauteng
Permanent
Apply
Posted 03 October 2025 - Closing Date 17 October 2025

Job Details

Job Description

Netwerk24 het ’n vakature vir ’n senior multimediajoernalis in Johannesburg. Hierdie pos is ideaal vir iemand wat energiek en kreatief is met baie sterk tegniese en joernalistieke vaardighede. Die posbekleër sal aan Netwerk24 se multimediaredakteur rapporteer.  

Minimum vereistes:

  • 'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie;
  • Bewese ervaring as ’n multimediajoernalis in ’n gerekende nuuskantoor;
  • Uitstekende tegniese multimediakennis en -vaardighede.

Die suksesvolle kandidaat sal oor die volgende eienskappe beskik:

 

  • Kreatiwiteit, innoverende denke en die vermoë om impakvolle inhoud te skep;
  • Vaardigheid in kamerawerk, die redigeer van video’s, die vervaardiging van podsendings en die koördinering van regstreekse uitsendings;
  • Sterk tegniese kennis en vaardighede, ook voor die kamera;
  • Uitmuntende vaardighede in Afrikaans;
  • Ervaring as ’n joernalis in Afrikaans;
  • ’n Skerp nuussin;
  • Die vermoë om onder druk te werk en spertye te haal;
  • Die vermoë om onafhanklik te werk, maar ook as deel van ’n span.

Vaardighede & Bevoegdhede:

  • Die vermoë om klank en beeld van ’n hoë gehalte op te neem;
  • Tegniese vaardighede in naproduksie;
  • Kreatiewe en innoverende multimediaprojekte voorstel en uitvoer;

Pligte behels onder meer die volgende:

  • Die skep van multimediainhoud gepas vir Netwerk24 se mark; 
  • Die identifiseer van multimediaidees waarby Netwerk24 se mark aanklank sal vind;
  • Bereidheid en beskikbaarheid om ongereelde ure en dikwels oor naweke en op vakansiedae te werk.

 

Netwerk24 bied ’n opwindende werkomgewing met ruim geleenthede vir groei.

 

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal voorkeur gegee word aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe.

 

 

Netwerk24 has a vacancy for a senior multimedia journalist in Johannesburg. This position is ideal for someone energetic and creative, with strong technical and journalistic skills. The successful candidate will report to  Netwerk24's multimedia editor. 

Minimum requirements:

  • A relevant tertiary qualification
    • Proven experience as a multimedia journalist in a reputable newsroom
    • Excellent technical multimedia knowledge and skills

The successful candidate should have the following qualities:

  • Creativity, innovative thinking, and the ability to create impactful content;
  • Skills in camerawork, video editing, podcast production, and coordinating live broadcasts;
  • Strong technical knowledge and skills, also in front of the camera;
  • Excellent skills in Afrikaans;
  • Experience as a journalist in Afrikaans;
  • A keen sense of news
  • The ability to work under pressure and meet deadlines;
  • The ability to work independently, but also as part of a team

Skills & Competencies:

  • The ability to capture high-quality audio and visuals;
  • Technical skills in post-production;
  • Propose and execute creative and innovative multimedia projects

Duties include, among others:

  • Creating multimedia content suited to Netwerk24’s marke
  • Identifying multimedia ideas that will appeal to Netwerk24's market
    • Willingness and availability to work irregular hours and often on weekends and public holidays

Netwerk24 offers an exciting work environment with ample opportunities for growth.

In line with Media24's employment equity policy, preference will be given to suitable candidates from designated groups.